EKSKLUSIEWE MANDAAT - Rustige Bosveld-leefstyl in Kammaland – Aandele-eienaarskap
Ontsnap na die rustigheid van die Bosveld met hierdie besonder netjiese en moderne eenheid in die Kammaland-ontwikkeling, net ±20 km vanaf Naboomspruit – gerieflik bereikbaar via ’n teerpad.
Hierdie eiendom bied aandele-eienaarskap en is ideaal vir diegene wat wil afskaal sonder om leefruimte en natuurlike skoonheid prys te gee.
Die huisie bestaan uit:
• 1 ruim slaapkamer met ’n stylvolle inloopkas (verberg agter elegante glasdeure)
• ’n En-suite badkamer met stort, toilet en wasbak
• ’n Addisionele vertrek wat perfek dien as ’n kantoor, stokperdjie- baba- of kleuterkamer
• ’n Oopplan sitkamer en kombuisarea
Die moderne afwerkings sluit grys vloere, wit kaste en granietblaaie in, wat ’n skoon en kontemporêre gevoel skep.
Die leefarea word gekenmerk deur groot glasvensters wat volop natuurlike lig inlaat en ’n pragtige uitsig bied oor die groen grasperk en omliggende bome en gereelde boksoort besoekers– ’n ware verlengstuk van die natuur binne jou huis.
Vanaf die stoep betree jy die woning via ’n ruim, uitnodigende buiteleefarea.
Die eiendom beskik verder oor:
• ’n Sonnige, glas-omslote sonkamer
• ’n Praktiese stoorkamer
• ’n Netjiese tuin en groot grasperk
• ’n Motorhuis met ingeboude wasgeriewe (met potensiaal om in ’n ekstra kamer en badkamer omskep te word)
• ’n Motorafdak
Daar is ook sonpanele en 'n inverter met batterye wat nie ingesluit is in die prys nie. Dit sal ingesluit word teen 'n vergoedingsprys ooreengekom.
Die ontwikkeling bestaan huidiglik uit slegs 38 huise en is volledig omhein met beheerde toegang, wat gemoedsrus en veiligheid bied. Inwoners en hul gaste kan ook gebruik maak van ’n gemeenskaplike swembad binne die landgoed – ideaal vir ontspanning op warm Bosvelddae.
Die area is stil en besonders gewild vir sy natuurlike omgewing. Wildlewe soos njalas, blesbokke en rooibokkies kom gereeld besoek aflê en skep ’n unieke, rustige leefervaring reg op jou voorstoep.
Hierdie eiendom bied die perfekte balans tussen gemak, styl en natuur – ’n uitstekende keuse vir ’n rustige aftree- of vakansiewoning in die Bosveld.
SLEGS KONTANT KOPERS
Vrywaring:
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.